Robert A. Heinlein

Robert A. Heinlein
Robert Anson Heinlein
Gebore7 Julie 1907
Butler, Missouri
Sterf8 Mei 1988 (op 80)
Carmel, Kalifornië
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepRomanskrywer, kortverhaalskrywer, essayis, draaiboekskrywer
EggenootElinor Curry (huwelik in 1929, geskei)
Leslyn MacDonald (1932–47, geskei)
Virginia "Ginny" Gerstenfeld (huwelik in 1948)
Ouer(s)Rex Ivar Heinlein
Bam Lyle Heinlein
Handtekening

Robert Anson Heinlein (7 Julie 19078 Mei 1988) was 'n Amerikaanse roman en wetenskapsfiksie-skrywer. Hy word beskou as een van die gewildste, invloedrykste en omstrede skrywers van wetenskapsfiksie. Hy was van die eerste in dié genre om deur te breek na die populêre massamark.

Sy oeuvre het herhaalde sosiale temas: die belang van individuele vryheid en selfbeskikking, die verantwoordelikheid van die individu aan sy of haar sosiale maatskappy, die invloed van georganiseerde godsdiens op kultuur en regering, asook die neiging van die sosiale maatskappy om non-konformerende denke te onderdruk.

Hy ondersoek ook die verhouding tussen emosionele en fisiese liefde, spekuleer oor onortodokse familiegroeperings, en oor die invloed van ruimtereis op die kulturele praktyke van die mensdom.

Heinlein het vier Hugo-toekennings gewen, en daarby het drie van sy ander werke retrospektiewelik dieselfde toekenning gewen 50 jaar na die jaar waarin dit nie toegeken was nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search